Monday 12 October 2015

RUSDAG, WONDERWERKDAG.

DAG 4:

Vandag was uitgesit om voor te berei vir die volgende 3-4 dae tot in Dakar, Senegal. Wes-Sahara en Mauritania is nou nie beskawing soos ons dit ken nie en ons beplan on DV môre aand in Tarvaya, Wes-Sahara in tente langs die voertuie te slaap en dan elke dag soos hy kom afhangende van die padblokades. 



Ons moes dan ook vandag 2 Kenwood VHF antennas in Marrakesh vind, aangesien hulle agtergebly het in Kaapstad en ons al drie radios moet hê. Party sal sê 'n onmoontlike taak!

Na 'n lang soektog en gereeld bid kom ons by 'n plekkie wat aan ons net die volle nuwe radio kan verkoop teen 1100 "dirham". Dit is so $115. Nie 'n goeie oplossong nie maar ons het geen keuse nie. Ons besluit egter om gou ietsie te eet en dit rustig in die Here se hand te los. 






Slange en nogmaals slange: 



Ons keer terug om maar die radio te kry en dan net met 2 klaar te kom. 
Eers kry ons nie die winkelkiekiekie nie en toe ons uiteindelik daar instap en ek in my beste Frans probeer verduidelik, haal die man 2 volledige Kenwood VHF radios uit en gee dit vir ons. Hy voeg 'n laai-eenheid by en sê alles kos 1000 "dirham"(minder as die eerste prys vir net een)
Ek probeer verduidelik dat ons nie twee kan koop nie en een sal neem omdat ons nie 1000 maal 2 kan betaal nie en hy herhaal net weer in Frans dat alles 1000 kos. Ek en Raymond besef dat God iets groots gedoen het, haal die 1000 dirham uit, vat ons geskenk en loof Ons Koning vir sy guns. 

Twee vir die prys van een: (en hulle werk)


Ons het nou 3 werkende radios en twee ekstra vir nood. 


Finale beplanning word laatmiddag gedoen:



Dag 5 planne:
7vm ontbyt en hopelik 8am op pad!
Dankie vir almal se gebede, dit maak 'n verskil!


Psalm 91: 1-4

“As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar. Jy kan vir die Here sê: “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou.” Dis die Here wat jou uit die moeilikheid kom haal as iemand jou met skelmstreke om die bos gelei het. Hy bly getrou aan jou. Hy sal jou verlos van enige gevaar wat jou lewe bedreig. Hy sal jou veilig oppas. Daarom kan jy by Hom gaan wegkruip. Met sy groot liefde keer Hy die gevaar af.”








No comments:

Post a Comment