Tuesday 13 October 2015

DIE SON SAK OOR MAROCCO

DAG 5:

Tot ons verbasing ervaar ons wat die Chinese in Afrika doen, hulle bou paaie! Vir omtrent 220km Suid van Marrakesh ry ons op 'n pragtige dubbelweg:



Die Atlasgebergtes:



Soos ons almal weet kom goeie dinge soms tot 'n einde en die paaie raak nouer en begin van tyd tot tyd meer skud. 

'n Klein dorpie verwelkom ons en skielik hoor ek en Raymond iets teen die teerpad kap. Op daardie oomblik is daar
'n vulstasie aan die regter kant en ons draai dadelik in om ondersoek in te stel. 

Slegs 'n los beskermingsplaat:


Skaars het ek die los plaat ondersoek, of 'n man kom aangestap, loer onder die Patrol in en stap weg na 'n skuur, net om in 'n oogwink met 'n klomp boute terug te keer. Sy Frans is meer beperk as myne en ek verstaan geen Arabies nie, maar op 'n Goddelike manier kom ons reg en is binne 10 minute weer op die pad. 


Eg Duits het Peter die beste gereedskap en gooi vir my 'n kombersie uit:



Padwerke hou nie die trokke terug nie:



Kamele langs die pad laat ons besef dat die Sahara nie meer dae weg is nie:



Ingang van die dorp Tan-Tan:



'n Fotostop vir duine langs die Atlanties:



Dit lyk soos die wyse manne se kamele:



Pasop vir die "kudu":



Die son sak oor Marocco:


Vandag beleef ons weereens Sy guns en vorder 90km verder as beplan tot El Ayun. 
Dit beteken dat ons nie in tente slaap nie maar in 'n hotelkamer met Wifi ! Die stort dreineer nie en die daklig is weg, maar die lugverkoeling werk en selfs die linne is wit, wel amper wit. 

Almal se gebede is nodig vir môre: 
1. Ons moet die elektriese fout by die Patrol se agterste ligte vinnig regmaak. 
2. Peter moet versekering vir die voertuie 8:30 kry. 
3. Guns by elke padblokade. 
4. Veiligheid vir ons en die viertuie. 

Psalm 8:4-5
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

Afstand: 884km
Tyd: 12h 15min





















3 comments:

  1. Wow Schalk. Jy moet geniet. Sterkte daar mag julle Sy seen, vreugde en vrede tasbaar aanvaar. Groete vir Raymond.

    ReplyDelete
  2. Ek ervaar guns en Goddelike voorspoed om elke draai op julle pad.

    ReplyDelete