Friday 16 October 2015

DIE DUISTERNIS HET DIE LIG NIE OORWELDIG NIE.

Dag 7: (Deel1)


Die drie manne wat saam in Daniël ry:



Die kombi sukkel bietjie om die kampterein te verlaat:



Na ontbyt vertrek ons na die naaste dorpie om nog onderdele, klampe en hypoksie-gom te kry. Slegs 'n paar km's van die kampplek blaas die turbopyp weer van sy plek af: 



Alles word vinnig gedoen en ons is weer 20 min later op die pad. By 'n vulstasie maak ons vol met diesel en 'n jong man neem my na sy werkswinkel. Dit is sommer maklik om hom te wys wat ons soek en ek vra hom waar kan ons dit koop. Wonder bo wonder stap ons net oor die pad, kry al die parte, 'n soldeerbout en selfs bloudraad waaroor Raymond baie bly is. 


In groot geloof vat ons die pad na Mauritania, maar binne 'n paar kilometers spring die pyp weer af en nou is dit tyd vir bloudraad! 
"'n Boer maak 'n plan"

Hierdie keer gaan dit goed en ons kom net na 16:00 by die grenspos aan die Marocco kant. Dinge neem net oor 30 min terwyl motors voor ons uitgepak word. 
By die laaste kontrolepunt vra die man of ons weet waar om nou te ry. Ek wonder hoekom en hy beveel aan ons neem 'n Mauritaanse man teen €10 per voertuig. Sy Frans is goed, hy praat mooi stadig en ons ry die niemandsland binne. 

Rondom ons lê daar motorwrakke en ek vra "pourquoi ?". Hy sê "le mine". Vir 1-2 km ry ons links regs links reg tot by die Mauritania grens. Die stuk het nie teer nie:


Slegs sand en klippe en wrakke op die pad:



Isaiah 45:1-3
​SO sê die Here aansy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat hetom nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
Ek self sal voor jou uit gaanen hoogtes gelykmaak;koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
En Ek sal joudie skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here iswat jou by jou naam roep,die God van Israel

.... Deel 2 volg later, maar ek kan nou sê dat ons na 'n rekord 3 ure deur die grens is. Die vorige keer wat hulle die tog gedoen het was die grenspos 5 ure! 
Dit is egter 'n lang storie en sal eers gestuur word as ons veilig uit Mauritanië is. 











No comments:

Post a Comment