Sunday 27 September 2015

'n Geseënde tyd in Parys.

Die Burgers het tans 'n baie lekker bederf voor die tog in Afrika begin. Ons het lank gespaar en gelukkig baie vroeg Euro's gekoop. 
Toe ons verlede jaar Oktober die kaartjies bespreek het sou ek nie kon dink dat Pastoor Raymond my weke later sou nooi vir die Afrika-avontuur en belangrike werk wat sou volg nie. 
Soos altyd was dit reeds in Vader se wil, aangesien die twee datums presies op mekaar volg en ek reeds in Europa sou wees waar die tog begin. 

Teen 250km per uur reis ons 4 in die TGV na Marseille om nog 'n paar oudagherhinderinge bymekaar te maak, die keer in Provence. Wat 'n voorreg! 

Vanoggend lees ons saam 1 Kor 6: 
Hoe belangrik is dit nie om te weet dat ons liggaam 'n tempel van God is! Parys se sprankel was 'n belewenis maar ons tieners het ook 'n blik gekry op die losbandigheid en sedeloosheid en ek het 'n paar interesante vrae gehad om te antwoord! 
"... maar hoekom sal iemand dit wil doen Pappa?" 

Ons moet nooit vergeet dat seksuele sonde in die liggaam is en die tempel van God skade doen. Pas dit op en word een met ons Here Jesus deur Sy gees! 

Hoe wonderlik om 'n verwagting te hê van 'n sprankelstad, 'n liefdesstad, 'n vredestad vir ewig, 'n Nuwe Jerusalem saam met ons Koning Jesus. 👑



No comments:

Post a Comment