Sunday 27 September 2015

'n Geseënde tyd in Parys.

Die Burgers het tans 'n baie lekker bederf voor die tog in Afrika begin. Ons het lank gespaar en gelukkig baie vroeg Euro's gekoop. 
Toe ons verlede jaar Oktober die kaartjies bespreek het sou ek nie kon dink dat Pastoor Raymond my weke later sou nooi vir die Afrika-avontuur en belangrike werk wat sou volg nie. 
Soos altyd was dit reeds in Vader se wil, aangesien die twee datums presies op mekaar volg en ek reeds in Europa sou wees waar die tog begin. 

Teen 250km per uur reis ons 4 in die TGV na Marseille om nog 'n paar oudagherhinderinge bymekaar te maak, die keer in Provence. Wat 'n voorreg! 

Vanoggend lees ons saam 1 Kor 6: 
Hoe belangrik is dit nie om te weet dat ons liggaam 'n tempel van God is! Parys se sprankel was 'n belewenis maar ons tieners het ook 'n blik gekry op die losbandigheid en sedeloosheid en ek het 'n paar interesante vrae gehad om te antwoord! 
"... maar hoekom sal iemand dit wil doen Pappa?" 

Ons moet nooit vergeet dat seksuele sonde in die liggaam is en die tempel van God skade doen. Pas dit op en word een met ons Here Jesus deur Sy gees! 

Hoe wonderlik om 'n verwagting te hê van 'n sprankelstad, 'n liefdesstad, 'n vredestad vir ewig, 'n Nuwe Jerusalem saam met ons Koning Jesus. 👑



Tuesday 22 September 2015

YOM KIPPUR

Soos die son ondergaan begin die heiligste dag in die Ou Testament en vandag nog vir die Jode. Die dag van Versoening! Vir die volgende 24-25 uur eet of drink hulle niks in voorbereiding vir versoening van sondes wat een maal per jaar gebeur.
Vir ons as bruid van Christus is dit 'n wonderlikke herdenking dat ons Hoë Priester net een maal die offer gebring het en dit was genoeg vir ewig. Hy het homself geoffer en dit was volbring! Nooit weer hoef ons te offer of 'n aardse priester vra om namens ons versoening by Vader God te kry nie.
IT IS FINISHED!



A New Testament verse that I believe is the present day answer to Yom Kippur’s demands to repent and change is 2 Corinthians 6 and verse 2:
“Behold, now is the accepted time; behold, now is the day of salvation.”

God beskik!

“’n Mens maak baie planne en koester groot ideale. Maar nie alles word waar nie. Wat die Here egter beplan, dit gebeur.”
Spreuke 19:21 DB

Nou wag ek nog vir my eerste paspoort om terug te kom sodat ek saam met die familie Donderdag kan vlieg na Parys! 
Dankie Vader dat U reeds daar viirsien en dat U tyd perfek is. 

Wednesday 16 September 2015

Tweede paspoort in 4 dae!

PASSPORT for 700204........... ready for collection at MALMESBURY. More info: 0800601190 OR www.dha.gov.za

Die guns van ons Vader is groot! Ek het nie geweet jy kan n paspoort in 3,5 werksdae kry nie! ( nie n nood paspoort nie, n volledige maxi paspoort)

Dit beteken dat ek volgende week saam met die gesin kan vlieg en die laaste visums kan hier afgehandel word. 
Aan God al die eer🙌🙏

Tuesday 15 September 2015

Mauritania visums!

Dit is met blydskap en dankbaarheid in my hart aan ons Vader dat ek hierdie kan skryf:
Raymond het pas geskakel om te laat weet ons visums is goedgekeur na vele uitdagings. 
Nou kan ons al tot in Dakar en ons glo en vertrou God vir die laaste drie lande ook! 

Sunday 13 September 2015

Jubilee 2015/16

Vandag is Alul 29 of die einde van die Joodse jaar. Dit is egter die einde van die Sabatsjaar of Shemitah wat elke sewe jaar plaasvind. Vanaand as die son sak skryf hulle alle skuld af en begin voor op 'n nuwe bladsy.

Om dit nog meer interessant te maak is daar iets wat gebeur na 7 siklusse van 7 en dus 49 jaar. Dan is dit die Jubilee of 50ste jaar. Dit is 'n jaar van guns en 'n jaar van herstel en seën veral vir Israel.

Wat 'n voorreg om in so 'n jaar deel te wees van 'n projek om die Koninkryk van Jesus uit te bou sodat meer volke bereik kan word en ons Koning kan kom om te regeer op die troon van Dawid in Jerusalem vir 'n 1000 jaar.
En daarna.......... Dan tel ons nie meer jare nie!




Sunday 6 September 2015

Radio's aankoop.

Môre is die tyd om die drie radios te koop by Joe in die Paarl. Raymond neem 2 en ek 1. 
Dankie Anneke!